RIG JOU OË OP JESUS


Eksamen ... Hoe hanteer ek dit? 
Ek's seker dat jy al vele kere in jou lewe gehoor het hoe om jou eksamenstres te hanteer.
"Begin drie maande voor die tyd al met voorbereiding"
"Drink genoeg water"
"Kry genoeg slaap in"
"Kry genoeg oefening"
"Lees jou werk 7 keer deur en skryf dit 3 keer uit"
Die lys gaan aan en aan. En alhoewel daardie goed nie noodwendig sleg is nie, verlig dit nie die diep angs in ons harte in eksamentyd nie.

Die enigste ding wat mens kan help (ek praat uit persoonlike ervaring) is om dit na Jesus toe te bring. 
'Cast all your anxiety on Him because He cares for you.'
-1 Peter 5:7

Jesus moedig ons tog aan om hard te werk in alles wat ons doen (in hierdie geval, om jou werk te hersien en te leer).
'Whatever you do, work at it with all your heart, as working for the Lord, not for human masters.'
-Colossians 3:23
Hiermee sê Hy dat ons hard moet werk om die lewe vir onsself en ander makliker te maak; om liefde te bewys deur alles wat ons doen.

Ons kan wel nie ons hele lewe om ons akademie en skoolwerk laat draai nie. Dit kan ń prioriteit in jou lewe wees, maar nie DÍÉ prioriteit nie. Ons prioriteit hier op aarde is om God se koninkryk te bou, en om lief te wees vir God en ons naaste; om die Christus (koning) persoonlik te ken (wat ń voorreg!).
Skoolwerk en jou punte (jammer onderwysers) is nie die alfa en omega nie, JESUS is!
'I am the Alpha and the Omega, the First and the Last, the Beginning and the End.'
-Revelation 22:13

So vir hierdie eksamen en almal wat nog vir jou voorlê, moedig ek jou aan om alle bekommernisse en angs na HOM toe te vat, hy SAL jou help as jy Hom vra!
'Do not be anxious about anything, but in every situation, by prayer and petition, with thanksgiving, present your requests to God.'
-Philippians 4:6 

Ek moedig jou aan om jou lysie wat almal anders vir jou opgestel het oor hoe om jou stres te hanteer, op te skeur en in die drom te gooi. Vervang dit met wat die skrif sê. 
As ek my wêreldse lysie volg, los dit my vir ń tydjie tevrede, tot die vraestel voor my neergesit word.
Met Jesus is dit heeltemal anders. Omdat my fokus op Hom gerig is, en die Heilige Gees in my is en VREDE vir my gee, weet ek dat ń toets nie definieer wie ek is nie.
Wie God sê ek is, definieer my. 

Baie sterkte met alles wat vir julle voorlê!
Rig julle oë op Jesus!

                                            - Isabel Coetzee -


Comments

Popular posts from this blog

Matriek-niek

Talent in oorvloed.