Drama Das Skitter by Toneelkompetisie.
‘n Monoloog in ‘n bekende teater, selfs meer bekende beoordeelaars en talent wat skrik vir niks. Hierdie was maar net van die goed wat jy kon beleef by die Nasionale Toneelspelkompetisie van 2021 in die Kunstekaap-teater. Emmari Gildenhuys ,’n graad-10 leerder, het op 6 Mei 2021 aan dìe kompetisie vir potensiële akteurs en aktrises deelgeneem. Sy was een van 60 tieners wat van regoor die land genooi is om aan die uitdunrondtes deel te neem. Hierdie kompetisie word jaarliks gehou om talentvolle tieners die kans te gee om te wys wat in hulle steek. Dit word beoordeel deur bekendes uit die drama- en teaterwêreld soos Margit Meyer-Rödenbeck , Deon Lotz en Luan Jacobs. Deelnemers kry selfs hulle eie kleedkamers oftewel “dressing rooms” en "backstage passes" wat hulle toelaat om te sien wat werklik agter die skerms aangaan. Tydens die eerste rondte wat op Vrydag, 6 Mei, plaasgevind het, moes deelnemers ‘n monoloog van hulle eie keuse opvoer. Daarna het hulle ‘n rekwis...