Matriek-niek
Hoërskool Langenhoven Matriek-niek.
Die matrikulante van Hoërskool Langenhoven in ons tuisdorpie, Riversdal, het verlede Vrydag, 4 Junie, ‘n lieflike piekniek gehad in hul eie vierkant. Aangesien hulle goed met hulle werk gevorder het, het hulle dit goed gedink om op 'n koel wintersdag vir oulaas almal lekker saam te kuier. Hulle het onder snoesige komberse gesit om van die winterkoue te ontsnap. Elke matriek het hul eie kos voorsien en COVID-regulasies is toegepas. Almal het die piekniek baie geniet en is nou reg vir die res van die kwartaal!
~Zoë Heenop~
Comments
Post a Comment