Eksamen ... Hoe hanteer ek dit? Ek's seker dat jy al vele kere in jou lewe gehoor het hoe om jou eksamenstres te hanteer. "Begin drie maande voor die tyd al met voorbereiding" "Drink genoeg water" "Kry genoeg slaap in" "Kry genoeg oefening" "Lees jou werk 7 keer deur en skryf dit 3 keer uit" Die lys gaan aan en aan. En alhoewel daardie goed nie noodwendig sleg is nie, verlig dit nie die diep angs in ons harte in eksamentyd nie. Die enigste ding wat mens kan help (ek praat uit persoonlike ervaring) is om dit na Jesus toe te bring. 'Cast all your anxiety on Him because He cares for you.' -1 Peter 5:7 Jesus moedig ons tog aan om hard te werk in alles wat ons doen (in hierdie geval, om jou werk te hersien en te leer). 'Whatever you do, work at it with all your heart, as working for the Lord, not for human masters.' -Colossians 3:23 Hiermee sê Hy dat ons hard moet werk om die lewe vir onsself en ander maklik...
Hoërskool Langenhoven Matriek-niek. Die matrikulante van Hoërskool Langenhoven in ons tuisdorpie, Riversdal, het verlede Vrydag, 4 Junie, ‘n lieflike piekniek gehad in hul eie vierkant. Aangesien hulle goed met hulle werk gevorder het, het hulle dit goed gedink om op 'n koel wintersdag vir oulaas almal lekker saam te kuier. Hulle het onder snoesige komberse gesit om van die winterkoue te ontsnap. Elke matriek het hul eie kos voorsien en COVID-regulasies is toegepas. Almal het die piekniek baie geniet en is nou reg vir die res van die kwartaal! ~Zoë Heenop~
Talent in oorvloed Dasseland loop oor van leerders wat verskeie talente het. Die hartseer ding is egter daar is nie altyd 'n platform is om dit ten toon te stel nie. Wie weet ? Die volgende Langenhoven kom maklik weer uit Hoërskool Langenhoven. Dis waarom ek met my eerste avontuur die DIGTERS in ons midde se werk met julle deel. Ek stel die volgende persone se skryfwerk aan julle bekend - Kayley Steyn(Gr.9) , Vanay Francis(Gr.10) , Fayden Sefoor(Gr.11) asook Jaco van der Bank(Gr.12). Vir elkeen van hierdie persone is daar n paar vrae gevra en hulle antwoorde word hieronder saamgevat. 1. Wat is die inspirasie agter jou gedig? Kayley: Ek het dit geskryf gedurende die grendeltydperk. Ons kon nie met baie mense in kontak wees nie. Hierdie gedig het ek toe geskryf om saam te vat hoe baie ek mense in my lewe gemis het in daardie tyd. Vanay: My gedig handel oor my oorlede peetma wat 4 jaar gelede afgesterf het. Ek het die gedig aan haar opgedra. Ek het basies...
Comments
Post a Comment